Johnson soek ‘n middel vir Covid

Die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, sê wetenskaplikes glo daar sal een of ander tyd vanjaar nog ‘n vlaag Covid-19 voorkom. Die land het reeds meer as 4 miljoen gevalle en 127 000 sterftes aangemeld. Johnson sê sy regering stel ‘n teenvirus-taakspan aan om teen die Europese herfs minstens twee middels te vind wat mense kan gebruik om die korona-virus in sy spore te stuit en herstel te versnel: