Strandmyne by Weskus veroorsaak betoging

‘n Groep omgewingsaktiviste van die drukgroep Protect The West Coast het ‘n vreedsame betoging gehou teen die ontginning van die strand by die Torminmyn naby Brand se Baai aan die Weskus. Hulle het ook ‘n griefskrif aan ‘n verteenwoordiger van die Australiese mynmaatskappy, die Mineral Sands Resources, oorhandig. Die leier van die betoging, Mike Schlebach, sê hulle het ook ‘n veldloop van 102 kilometer deur die betrokke gebied gehou. Hy sê hulle wil met die veldloop en betoging die publiek se aandag op die kwessie vestig: