N$1m in dwelms in Maart gevind

Die dwelmeenheid van die Namibiese polisie het dwelms van meer as ‘n miljoen Namibiese doller gedurende Maart gekonfiskeer en 106 verdagtes in hegtenis geneem. Net meer as 91 kilogram dagga met ‘n beraamde straatwaarde wan 911 800 doller is gedurende die maand gevind. Kokaïne ter waarde van net minder as 6 000 doller is ook gevind. Daar is 102 Namibiërs, 1 Angolees, 2 Zambiërs en 1 Nigeriër vas vir oortredings.