15-jarige swart meisie deur VSA polisie doodgeskiet net voor Chauvin-uitspraak

Die polisie in Columbus, Ohio, het ‘n 15-jarige swart meisie, Makiyah Bryant, doodgeskiet. Die polisie het volgens berigte ‘n noodoproep ontvang van ‘n beweerde poging om iemand met ‘n mes aan te val. Kort na hul aankoms op die toneel, is daar skote gevuur. Makhiya se skietdood het plaasgevind kort voor die uitspraak in die saak teen die gewese polisieman van Minneapolis, Derek Chauvin, vir die moord op George Floyd. Makhiya se tante, Hazel Bryant, sê sy het wel ‘n mes by haar gehad, maar het dit laat val kort voordat die beampte verskeie skote op haar gevuur het: