Ivermiektin is plaaslik verbied vir Covid

Die Namibiese Regulerende Raad vir Medisyne het opdrag aan dokters en aptekers gegee om onmiddellik te staak met die voorskryf of verskaffing van Ivermektien as ‘n behandeling vir Covid-19. Ivermektien is nie as menslike medisyne in Namibië beskikbaar nie en net die veeartseny produk is beskikbaar. Besighede wat die produk verskaf het aan plaaslike media gesê dat hulle voorraad op ‘n stadium opgeraak het. Die Wêreldgesondheidsorganisasie se ondersoek na die effektiwiteit van die middel teen Covid het onoortuigende uitslae getoon. Daar is medici in die land wat glo dat die middel, wat eintlik ontwerp is om parasiete in diere te behandel, effektief is teen Covid. Daar is ‘n menslike middel ontwikkel wat op die vasteland vir die behandeling van parasiete benut word maar dit is nie kommersieel plaaslik beskikbaar nie.