Kaap berei voor op derde vlaag

Die styging in die aantal Covid-19-gevalle in die Wes-Kaap het die provinsiale regering genoop om planne in werking te stel vir die hantering van die verwagte derde vlaag van Covid-19-gevalle wanneer dit die provinsie na verwagting oor twee weke gaan tref. Die premier, Alan Winde, sê op 23 April was daar 1 968 aktiewe gevalle […]

Read More

Covid: skole is nie brandpunt nie

Die Namibiese Ministerie van Onderwys sê Covid-gevalle by skole is as gevolg van gemeenskapsoordrag en skole is nie brandpunte vir die verspreiding van die virus nie. In ‘n skrywe aan die streekshoofde sê die ministerie dat ‘n studie van stapel gestuur is in die verband, ook om beter maatreëls toe te pas om die verspreiding […]

Read More

Amerikaanse sankies oor Tigray

Die VSA het breër visumbeperkings ingestel op enige huidige of voormalige Ethiopiese of Eritrese regeringsamptenare, lede van veiligheidsmagte en enige individue wat verantwoordelik is vir, of medepligtig is aan die ondermyning van ‘n oplossing vir die krisis in Tigray. Sanksies op ekonomiese en veiligheidshulp aan Ethiopië is ook ingestel. Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, […]

Read More

Groen-toekenning vir Bank Windhoek

Bank Windhoek het die toekenning vir Groen Finansiële Dienste by die derde Volhoubare Ontwikkeling-toekennings-geleentheid van die Omgewings Beleggingsfonds ontvang. Daar was 9 kategorieë vir organisasies en individue wat aansienlik tot volhoubare ontwikkeling bygedra het. Die Besturende Direkteur van Bank Windhoek Baronice Hans…

Read More

Drankhandelaars wil met Cyril vergader

Die Nasionale Raad van Drankhandelaars het ‘n vergadering met President Cyril Ramaphosa aangevra. Dit volg te midde van vrese van strenger inperkingsregulasies in die land weens ‘n styging in Covid-19-gevalle. Lucky Ntimane van die raad sê die bedryf het werklik alles in die stryd gewerp om mense se gedrag te verbeter sodat hulle die handel […]

Read More

NSFAF vertoon baie sleg – Kandjeke

Die ouditverslag op die Namibiese Studente Hulpfonds toon dat die fonds tussen 2011 en 2019 miljarde doller bestee het sonder om voldoende dokumentasie vir die besteding te kan voorsien. Die Ouditeur-Generaal Junias Kandjeke sê dat tussen 2011 en 2013, is 1,3 miljard Namibiese doller in studente befondsing verloor. Die fonds sê die geld kan nie […]

Read More

Man vas vir ietermagô

Die Namibiese polisie sê in sy weeklikse misdaad verslag dat ‘n 40-jarige man oor die naweek by ‘n vulstasie in Outapi in hegtenis geneem is in besit van ietermagô-vel. Dit wil voorkom asof die aksie deel was van ‘n polisie operasie omdat die man na bewering gepoog het om die vel aan lede van die […]

Read More

Afrikadag môre herdenk

Afrikadag 2021 word môre hier en regoor die vasteland gevier. Op die 25ste Mei elke jaar word die dag gevier om die totstandkoming van die Organisasie vir Afrika Eenheid te herdenk. Dr. Charles Sinkala ‘n Afrika Politieke Analis het sy mening oor Afrikadag 2021 so verwoord.

Read More

Skole: alles is gereed

Staats en privaatskole heropen die week te midde van uitdagings veral in die lig van die Covid-19 pandemie. Volgens die Uitvoerende Direkteur van die Ministerie van Onderwys Sanet Steenkamp is alles gereed vir die heropening, en is hulle deeglik bewus van die uitdagings.

Read More

Kommer oor Covid-gevalle in die Noord-Kaap

Die Nasionale Instituut vir Aansteeklike Siektes het sy kommer uitgespreek oor die vinnige styging in Covid-19-gevalle in die Noord-Kaap. Tot en met die 15de Mei het besmettings na wat berig word met 1,3 persent toegeneem. ‘n Woordvoerder van die instituut, Adrian Puren, het ‘n beroep gedoen vir vinniger toegang tot inenting in die provinsie.

Read More