Kommer oor Covid-gevalle in die Noord-Kaap

Die Nasionale Instituut vir Aansteeklike Siektes het sy kommer uitgespreek oor die vinnige styging in Covid-19-gevalle in die Noord-Kaap. Tot en met die 15de Mei het besmettings na wat berig word met 1,3 persent toegeneem. ‘n Woordvoerder van die instituut, Adrian Puren, het ‘n beroep gedoen vir vinniger toegang tot inenting in die provinsie.