Lekker rugby vandag

Die naweek se Reënboogbeker Suid-Afrika-wedstryde word in Durban en Johannesburg gespeel. Vanmiddag om eenuur verwelkom die Sharks die Stormers op Kingspark terwyl die Lions en Bulls se kragmeting om half-vier op Ellispark afskop. Die Bulls is na drie oorwinnings eerste op die punteleer. Die Sharks is tweede nadat hulle verlede naweek teen die Bulls verloor […]

Read More

Labat Africa kry 75% aandeel in dagga-kweek en verbouingsfasiliteit in Noord Kaap

‘n Onderneming wat op die Johannesburgse Effektebeurs genoteer is, Labat Africa, het ‘n 75-persent aandeel in ‘n dagga-kweek- en verbouingsfasiliteit in die Noord-Kaap, Leaf Botanicals, verkry. Die fasiliteit het onlangs ‘n verbouings- en uitvoerlisensie bekom en dit word as ‘n hupstoot vir die wêreld se florerende dagga-ekonomie beskou. Volgens Money Web het Labat Africa ook […]

Read More

Daar is 311 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig

Daar is 311 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig, met 33 leerlinge,18 gesondheidswerkers 8 studente en 4 onderwysers wat positief getoets het. 60 809 mense is reeds teen Covid-19 ingeënt.

Read More

WGO glo meer mense is reeds aan Covid-19 dood

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het bekendgemaak dat amptelike opnames wat die aantal sterftes toon wat direk of indirek aan die COVID-19-pandemie toegeskryf word, waarskynlik ‘n beduidende ondertelling is. Die WGO voorspel dat COVID-19 reeds die lewens van tussen ses en agt miljoen mense wêreldwyd geëis het. Die WHO het sy jaarlikse World Health Statistics-verslag aangebied en beraam […]

Read More

Die Lühl-Delgado tweeling het in die land aangekom

Die Lühl-Delgado tweeling het gisteraand in die land aangekom,na ‘n fel regstryd deur hulle ouers Guillermo en Phillip. Die Namibiese Ministerie van Binnelandse Sake, Immigrasie, Veiligheid en Sekuriteit het eenmalige noodreisdokumente aan Paula en Maya Delgado-Lühl uitgereik om Namibië toe te kom. Dit volg 2 maande ná hulle geboorte van ‘n surrogaatmoeder in Suid-Afrika.

Read More

Immigrasiedirekteur sê twee paspoorte onwettig

Die Namibiese Minister van Binnelandse Sake, Immigrasie, Veiligheid en Sekuriteit maan Namibiërs teen die gebruik van 2 paspoorte. Nehemia Nghishekwa, die Immigrasiedirekteur in die Ministerie, die verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus waarom dit onwettig is om met 2 paspoorte te reis.

Read More

Landbou-ekonoom: Verwydering van ‘Rooilyn’ sal ekonomie knou

Landbou-ekonoom Dr. Kobus Laubscher het sy reaksie gegee op die Windhoekse Burgemeester Job Amupanda se pleit dat die veterinêre kordonheining in die noorde van Namibië verwyder moet word. Laubscher het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit sal ‘n baie dom besluit van die Namibiese Regering wees om die sogenaamde Rooilyn te verwyder. Hy meen dit […]

Read More

Man se verkeerde been geamputeer

‘n Hospitaal in Oostenryk het die verkeerde been van ‘n 82-jarige man geamputeer. Die fout is eers twee dae later ontdek toe sy verbande omgeruil is. Volgens internasionale nuusagentskappe het hy berading ontvang en sy volgende operasie gaan binnekort plaasvind.

Read More

Monica Geingos: Stop homofobie

Die Eerste Dame van Namibië, Monica Geingos, het op Twitter geskryf die verourderde Wet op Sodomie moet geskrap en homofobie gestop word. Sy skryf die Wet op Sodomie word vir meer as die afgelope 20 jaar nie toegepas nie, want dit skep grondwetlike wrywing met die reg tot privaatheid.

Read More

SA: Drie beseer in ontploffing by substasie

Nooddienspersoneel in KwaZulu-Natal sê minstens drie mense is beseer tydens ‘n ontploffing by ‘n substasie in Kloof. Die presiese oorsaak van die ontploffing is nog nie bekendgemaak nie omdat owerhede met ondersoeke voortgaan. ER 24 se Woordvoerder, Russel Meiring …

Read More