Drankhandelaars wil met Cyril vergader

Die Nasionale Raad van Drankhandelaars het ‘n vergadering met President Cyril Ramaphosa aangevra. Dit volg te midde van vrese van strenger inperkingsregulasies in die land weens ‘n styging in Covid-19-gevalle. Lucky Ntimane van die raad sê die bedryf het werklik alles in die stryd gewerp om mense se gedrag te verbeter sodat hulle die handel in drank veilig kan voortsit en mense se inkomstes kan beskerm…