Covid: skole is nie brandpunt nie

Die Namibiese Ministerie van Onderwys sê Covid-gevalle by skole is as gevolg van gemeenskapsoordrag en skole is nie brandpunte vir die verspreiding van die virus nie. In ‘n skrywe aan die streekshoofde sê die ministerie dat ‘n studie van stapel gestuur is in die verband, ook om beter maatreëls toe te pas om die verspreiding van Covid te voorkom. Skole moet soveel as moontlik fisiese skoolbywoning toelaat op ‘n metode waar dit steeds veilig is en koshuiskinders moet veral gemonitor word. Ouers is gemaan om nie kinders skool toe te stuur indien daar enige simptome of respiratoriese uitdagings is. Die ministerie het ‘n beroep op personeel gedoen om die Covid-inenting te neem en ook om te verseker dat kinders maskers korrek dra en hulle hande gereeld reinig.