Amerikaanse sankies oor Tigray

Die VSA het breër visumbeperkings ingestel op enige huidige of voormalige Ethiopiese of Eritrese regeringsamptenare, lede van veiligheidsmagte en enige individue wat verantwoordelik is vir, of medepligtig is aan die ondermyning van ‘n oplossing vir die krisis in Tigray. Sanksies op ekonomiese en veiligheidshulp aan Ethiopië is ook ingestel. Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, sê die partye wat deel is van die konflik in Tigray, kon ondanks beduidende diplomatieke betrokkenheid, nog geen sinvolle stappe doen om vyandelikhede te beëindig of ‘n vreedsame oplossing vir die politieke krisis vind nie.