NSFAF vertoon baie sleg – Kandjeke

Die ouditverslag op die Namibiese Studente Hulpfonds toon dat die fonds tussen 2011 en 2019 miljarde doller bestee het sonder om voldoende dokumentasie vir die besteding te kan voorsien. Die Ouditeur-Generaal Junias Kandjeke sê dat tussen 2011 en 2013, is 1,3 miljard Namibiese doller in studente befondsing verloor. Die fonds sê die geld kan nie verhaal word by die individue nie maar het geen dokumentasie om die aantyging te staaf nie. Kandjeke sê die instansie het geen finansiële prosesse nie. Tussen 2014 en 2019 is 370 miljoen doller uit 3,3 miljard doller verloor maar, daar is weereens geen dokumentasie nie. Meer as 1,2 miljoen doller wat vir uitbetaal is vir verskeie reise het ook geen ondersteunende dokumentasie nie. Daar is ook geen inligting oor enige rente wat op lenings aan studente gehef is nie. Betalings van net meer as 100 miljoen doller aan buitelandse valuta kan ook nie geverifieer word nie.