Man vas vir ietermagô

Die Namibiese polisie sê in sy weeklikse misdaad verslag dat ‘n 40-jarige man oor die naweek by ‘n vulstasie in Outapi in hegtenis geneem is in besit van ietermagô-vel. Dit wil voorkom asof die aksie deel was van ‘n polisie operasie omdat die man na bewering gepoog het om die vel aan lede van die geheime polisie probeer verkoop het. Hy sal vandag in die hof verskyn.