Kaap berei voor op derde vlaag

Die styging in die aantal Covid-19-gevalle in die Wes-Kaap het die provinsiale regering genoop om planne in werking te stel vir die hantering van die verwagte derde vlaag van Covid-19-gevalle wanneer dit die provinsie na verwagting oor twee weke gaan tref. Die premier, Alan Winde, sê op 23 April was daar 1 968 aktiewe gevalle in die provinsie, terwyl 3 356 gevalle gister gediagnoseer is. Winde sê Afrox se aanleg is gereed om meer suurstof aan die Departement van Gesondheid te lewer en die departement hou die gevaarligte dop wat opnames betref: