SA voer nou suurlemoene makliker na China uit

Die Sitruskwekersverening in die buurland het die minister van landbou, Thoko Didiza, bedank vir haar departement se onwrikbare toewyding om met die vereniging en vennote saam te werk om ‘n protokolwysiging mee te bring en dit moontlik te maak om suurlemoene na China uit te voer. Die uitvoerende hoof, Justin Chadwick, sê die hersiening van […]

Read More

SA vervoerminister maan motoriste moet rybewyskaarte hernu

Die Suid-Afrikaanse vervoerminister, Fikile Mbalula, maan motoriste om hul rybewyskaarte te hernu. Dit volg nadat die spertyd vir die hernuwings tot einde volgende maand verleng is. Miljoene Suid-Afrikaanse bestuurders se rybewyse het verval tydens die Covid-pandemie. Mbalula het gesê die masjien wat verlede jaar onklaar geraak het, is weer in werking.

Read More

DA in Wes-Kaap tevrede met afname in kontakmisdade

Die DA in die Wes-Kaap sê hy is tevrede met die gemiddelde afname van 6,4 persent in kontakmisdade in die provinsie. Die polisieminister Bheki Cele het vroeër vandag die Oktober tot Desember misdaadstatistieke bekend gemaak. Die verslag wys dat kontak-misdaad in Khayelitsha en Nyanga ’n afname van onderskeidelik 23,2 en 19 8-persent getoon het. Ons […]

Read More

Suide-damme is oorlopens toe vol

Volgens die Hidrologiese Dienste van Namibië is die Suide-damme oorlopens toe vol. Die Nauteda was vanoggend 104,1 persent vol en die Neckartaldam is 102,8 persent vol en loop oor. Die Hardapdam se vlak het vanoggend op 71,7 persent gestaan en die Swakoppoortdam op 97 persent. Die dienste maan ook oor die vlakke van die Zambezi- […]

Read More

SA landboubedryf groei met 13%

Die landboubedryf in die buurland het steeds met ‘n jaarkoers van 13 persent gegroei en het inflasie op kos tydens die pandemie in toom gehou. Dié statistiek en uitdagings in die groeipatroon, kom onder die loep in ‘n verslag genaamd ‘n Sektor-wye oorsig oor die uitwerking van Covid-19 op die Suid-Afrikaanse Landboubedryf gedurende 2020-21. Dis […]

Read More

Wêreld-ietermagôdag môre in Windhoek gevier

Die wêreld herdenk môre Wêreld-ietermagôdag wat jaarliks op die derde Saterdag in Februarie gevier word. Die ietermagô is die wêreld se mees gesmokkelde soogdier. Professor Morgan Hauptfleisch, hoof van die Nust Biodiversiteitsnavorsingsentrum gaan ook Wêreld-ietermagôdag in Windhoek bywoon. Hy sê hulle gaan môreoggend onder meer ‘n pretdraf hou en ouers is welkom om hul kinders […]

Read More

Wes-Kaap toon afname in kontakmisdaad

Die minister van polisie in die buurland, Bheki Cele, sê daar was ‘n afname van 6,4 persent in kontakmisdade in die Wes-Kaap. Die misdaadstatistiek vir die tydperk vanaf Oktober tot Desember verlede jaar is vandag bekend gemaak. Daar is ook ‘n aansienlike afname in kontakmisdaad in brandpuntgebiede soos Khayelitsha en Nyanga van onderskeidelik 23,2 persent […]

Read More

Het Windhoekers en Swakopmunders ‘n maagkiem onder lede?

Verskeie inwoners van Windhoek en Swakopmund kla oor maagpyn en daar is berigte van mense wat in hospitale opgeneem is. Daar is ook bewerings dat ingewandskoors wat tans in Suid-Afrika is, nou in Namibië is. Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het pas aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy is nie bewus van enige voorvalle van ingewandskoors in die land nie. 

Read More

Brad Pitt dagvaar Angelina Jolie oor hul kasteel in Frankryk

Daar is weer onenigheid tussen die voormalige Hollywood-glanspaar Brad Pitt en Angelina Jolie – hierdie keer oor die Franse kasteel waar hulle getroud is. Die twee akteurs het die eiendom in die suid-ooste van Frankryk in 2008 gekoop en is ses jaar later daar getroud. Jolie het nou haar aandeel in die wingerd aan ‘n […]

Read More

PDM-parlementslid twyfel ook oor Covid-entstowwe

‘n Parlementslid van die amptelike opposisieparty het gereageer op die jongste Afrobarometer-opname oor Covid-entstowwe. Volgens die studie het slegs 16 persent van Namibiërs volle vertroue in die regering se vermoë om te verseker dat Covid-entstowwe veilig is. Die meerderheid Namibiërs is huiwerig om ingeënt te word. Elma Dienda parlementslid van die Popular Democratic Movement het […]

Read More