ACC se NV-ondersoek begin nou eers

Die Teenkorrupsie-kommissie begin nou eers met sy ondersoek na die gesteelde 1,2 miljoen Namibiese dollar by die Nasionale Vergadering. Die parlement word daarvan beskuldig dat hy korrupsie en diefstal toegesmeer het en kenners meen dat die instansie dit as administratiewe fout hanteer het. Die woordvoerder van die kommissie Josephine Nghituwamata sê die sekretaris van die parlement, Lydia Kandetu, het reeds die eerste kommunikasie van hul voorlopige ondersoek, ontvang.