Spanning met Rusland neem verder toe

Die Europese Unie sê Rusland se erkenning van die twee wegbreekgebiede van Donetsk en Luhansk in Oos-Oekraïne is ‘n blatante verbreking van internasionale reg. Die EU sê saam met sy vennote sal hy Oekraïne ferm en vasbeslote, en met eenheid ondersteun. Intussen het die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad vandag in New York ‘n noodvergadering belê […]

Read More

Alonso loof nuwe F1-reëls

Die Alpine Formule Een-bestuurder, Fernando Alonso, hoop die nuwe regulasies gaan die span meer mededingend maak. Die nuwe reëls is daarop gemik om die speelveld meer gelyk te maak deur motors te ontwerp wat mekaar op ‘n kleiner afstand kan volg. Alpine het die afgelope drie jaar vyfde geëindig op die vervaardigers-punteleer. Alonso, ‘n tweemalige […]

Read More

Swapo se nuwe president bly in die nuus

Die tyd raak min vir die soektog na die president van die Swapo-party. Daar is bewerings dat jonger politici ook daarna streef om besluitnemingsposisies in die regerende party wil vul. Dit gaan ‘n vuurwarm stryd wees om by vanjaar se Swapo-kongres ‘n kandidaat te vind om President Hage Geingob in 2025 te vervang. Die sekretaris-generaal […]

Read More

Zondo vra hof vandag vir meer tyd

Die Gautengse Hooggeregshof in Pretoria hoor vandag ‘n dringende aansoek aan vir die verlenging van die staatskapingskommissie se lewensduur tot die einde April. Die kommissie se voorsitter, adjunk-hoofregter Raymond Zondo, vra meer tyd om die verslag af te handel. Hy voer in hofstukke aan dat dit langer neem om die verslag te voltooi omdat hulle […]

Read More

Pyplyn na Windhoek is herstel

Die watertoevoer-pyplyn vanaf NamWater op Okahandja na Windhoek toe, is laatnag herstel en die maatskappy het vanoggend weer begin om water na die hoofstad te pomp. Reservoirs was volgens berigte kritiek laag. Die lyn het Sondag weer gebreek, op dieselfde plek waar dit op 10 Februarie gebreek het. Dit sal sonder twyfel groot verligting bring […]

Read More

NamPower betaal N$1 000 as werkers ent

NamPower sal 1 000 Namibiese dollar aan elke personeellid wat teen Covid ingeënt word, betaal. Die maatskappy se besturende direkteur Simson Haulofu sê die inentingstatus van die maatskappy is uiters laag en dus is die maatreël ingestel om personeel te motiveer. Werknemers moet voor die 15de van elke maand hul inentingspaspoorte indien en die betaling […]

Read More

Muheua word Vrydag begrawe

Wyle Alpheus Muheua sal Vrydag by Otjongundu-nedersetting in die Daures-kiesafdeling in die Erongo-streek ter ruste gelê word. Dit was volgens berigte Muheua se laaste wens om langs sy moeder begrawe te word. Sy eerste gedenkdiens sal Woensdag by die Holy Rosary Rooms-Katolieke Kerk op Swakopmund gehou word, terwyl ‘n tweede gedenkdiens by wyle Muheua se […]

Read More

SA-parlement verwerp Sunday Times berig

Die Suid-Afrikaanse parlement sê geen huurkoste is nog bepaal om die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum of enige ander moontlike lokale vir sittings van die Nasionale Vergadering te gebruik nie. Volgens die Sunday Times-koerant sou die parlement tot ‘n miljoen Suid-Afrikaanse rand per dag vir sittings by die konvensiesentrum kan betaal. Parlementswoordvoerder Moloto Mothapo verwerp die berig […]

Read More

Banyana Banyana sal moet sokkies optrek vir môre se kragmeting

Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, sê haar spelers sal môre hulle sokkies moet optrek om met Algerië af te reken in die tweede deel van die vroue se AFCON-kwalifiseerwedstryd op die Omar Hamadi-stadion in Algiers. Suid-Afrika het verlede Vrydag die eerste been gebuit met ‘n twee-nul-oorwinning oor Algerië op die Orlando-stadion. Ellis sê daar […]

Read More

Stinkwater-verdagte weer in die hof vandag

Die 32-jarige verdagte wat die 23-jarige Lydia !Kharises op Stinkwater naby Dordabis na bewering verkrag en vermoor het, sal vandag weer in die Windhoek-landdroshof in Katutura verskyn. Sy saak is van 16 Desember verlede jaar uitgestel. Hy is op 14 Desember in hegtenis geneem. Harold Uirab staar klagte van moord en verkragting en is borg […]

Read More