Mecki en kie soek N$200m

Die Bees Vleiswaardeketting-forum hou vandeesweek ‘n reeks vergaderings in Windhoek, sowel as op Grootfontein, Hochveld en Gobabis, in ‘n poging om plaaslike produsente te kry om in te koop in die forum se beplande abattoir. Hulle hoop om 200 miljoen Namibiese dollar te bekom met produsente wat hopelik die meerderheidsaandele, minstens 100 miljoen sal besit. Produsente het tot 24 Junie kans om te belê. Mecki Schneider, voorsitter van die forum, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.