NEFF se arbeidsdruk duur voort, ten spyte van waarskuwings

Sogenaamde arbeidsaktiviste van die Namibia Economic Freedom Fighters het verlede week Namib Mills besoek na bewering as gevolg van klagtes van personeel. Die party het by verskeie besighede amok gemaak verlede week. Vandag het hulle weer by die maatskappy opgedaag en toe daar nie gehoor aan hulle gegee is nie, het hul die hek waar die vragmotors deurbeweeg versper. Michael Amushelelo het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat daar môre ‘n vergadering sal plaasvind.

Hy het so reageer op generaal-majoor Joseph Shikongo se waarskuwing dat mense, die party ingesluit, nie reg in eie hande neem nie.