Zim-dollar verswak, Mnangagwa blameer vyandige buitelanders

Zimbabwe se president, Emmerson Mnangagwa, het sê banke en maatskappye wat betrokke is by plaaslike geldeenheidmanipulasie en onregverdige verhogings in die pryse van goedere en dienste, kan hul bedryfslisensies verloor. Luidens berigte het die Zanu-PF-regering reeds die verantwoordelike entiteite geïdentifiseer. Volgens Mnangagwa tree die entiteite nie alleen op en word deur vyandige lande gestuur om die Zim-dollar te verswak. Die plaaslike geldeenheid verhandel amptelik teen 155,14 Zim-dollar teenoor die Amerikaanse dollar. Die Zim-dollar het in die eerste kwartaal met 24 persent verswak en inflasie het in Maart tot 72,7 persent gestyg.