Dawie de Villiers was beste Bok-kaptein

Dawie de Villiers is beskryf as een van die beste Springbok-kapteins ooit na sy dood die afgelope naweek op die ouderdom van 81. Die president van SA Rugby, Mark Alexander, sê sy wêreldwye reputasie was duidelik toe twee Barbarians hom op hulle skouers van Twickenham se veld afgedra het nadat die Bokke hulle span tydens die 1969-80-toer van Brittanje geklop het. ‘n Voormalige spanmaat, Frik du Preez, sê De Villiers was ‘n intelligente man. Sy voormalige kabinetskollega, Leon Wessels, sê die voormalige politikus en predikant kon op meesterlike wyse kalmte bring in moeilike politieke situasies.