Boulter op 19 Mei in hoërhof

Die Britse sakeman Harvey Boulter wat aangekla word vir die moord op sy plaasbestuurder Gerhard van Wyk in Februarie verlede jaar, se saak is oorgedra na die hoërhof waar hy op 19 Mei sal verskyn. Die beslissing van die aanklaer-generaal oor presies watter klagte teen hom gebring sal word is ook nog nie bekend. Hy is vry op borg van 500 000 Namibiese dollar.