Ebola-geval in DRK bevestig

‘n Nuwe geval van Ebola is in die noordweste van die Demokratiese Republiek van die Kongo bevestig, wat gesondheidsowerhede aangespoor het om dringende inperkingsmaatreëls toe te pas net vier maande nadat die vorige uitbreking tot ‘n einde gekom het. Die 31-jarige man het 74 kontakte gehad wat almal tans opgespoor word. Hy het volgens berigte op 5 April reeds simptome getoon maar het nie behandeling gesoek nie. Hy is op 21 April oorlede. Die WGO se streeksdirekteur dr. Matshidiso Moeti, het haar kommer uitgespreek omdat die siekte ‘n twee-week voorsprong het. ‘n Inentingsveldtog in die komende dae sal begin.