Beijing se inwoners het kommer oor moontlike inperkings

Inwoners van Beijing het paniekaankope van kos en ander voorrade gedoen te midde van vrese dat die stad soos Sjanghai ingeperk sal word. Dit volg nadat owerhede massa-toetse vir Covid aangekondig het. Kopers in die stad het winkels en aanlynplatforms oorval om groente, vars vleis, kitsnoedels en rolle toiletpapier aan te koop. In Sjanghai, waar die meeste van sy 25 miljoen inwoners al weke lank ingeperk is, was die belangrikste voedselvoorraad-bottelnek, die gebrek aan genoeg koeriers om aflewerings by huise te maak.