Ondonga koning hou vanaand sy ohungi
Die koning van die Ondonga, Fillemon Shuumbwa Nangolo, wat ‘n hofliksheidsbesoek aan President Hage Geingob by Staatshuis gebring het, hou vanaand sy “ohungi”. Ohungi is die Oshiwambo-term vir ‘n sosiale aand. Belangstellendes kan vanaand vanaf ses-uur by die Hilton Hotel skouers met die Ondonga-koning gaan skuur. Albert Bamm, ‘n lid van die koninklike familie sê […]
Rooies word aangekla vir ontsnapping
Oudlanddros Walter ‘Rooies’ Mostert word aangekla vir sy ontsnapping en sal op 30 Mei vanjaar in die verband voor landdros Ivan Gawanab in Windhoek voorkom. Mostert het op 6 November verlede jaarvanaf die Auas Hills-hospitaal, waar hy behandeling ontvang het terwyl hy verhoorafwagtend was, ontsnap. Hy is weer op 24 Maart vanjaar in hegtenis geneem […]
Osona Village verwerp ook nuwe tariewe
Plaaslike media berig dat huiseienaars by Osona Village net buite Okahandja het die nuwe, verhoogde tariewe en erfbelasting wat in die dorp ingestel is, verwerp. Inwoners van die dorp het ook reeds verskeie vergaderings aangevra. Tariewe het skerp gestyg, en op Osona, sal eienaars wat tans ‘n heffing van net meer as 770 dollar maandeliks betaal, voortaan net minder […]
Geslagsgeweld word nie in SA aangespreek nie
Amnestie Internasionaal Suid-Afrika sê die regering neem blykbaar nie die tweede pandemie van geslagsgeweld en moorde op vroue ernstig op nie, al het hy hom verbind om te help om die plaag te beveg. Verlede jaar tussen Oktober en Desember is 14 188 gevalle van seksuele oortredings aangemeld. Die organisasie se woordvoerder, Shenilla Mohamed, sê […]
Viool kan amper N$170m op veiling behaal
‘n Viool wat byna 300-jaar oud is en as die Leonardo da Vinci van viole beskryf word, word volgende maand in Frankryk opgeveil. Die Italiaanse luitmaker, Giuseppe Guarneri, het dit in 1736 gemaak en dis tans in besit van die meester, Regis Pasquier. Hy het dit 20-jaar gelede aangeskaf en sedertdien op spoggeleenthede by Carnegie Hall in New York en die Opera […]
Van Wyk weduwee dagvaar Boulter vir N$83,55m
Alta van Wyk, die weduwee van Gerhard van Wyk, wat op 27 Februarie 2021 dood is na ‘n skietvoorval waarvoor die Britse miljardêr Harvey Boulter op klagte van moord teregstaan, dagvaar hom vir skadevergoeding van 83,55 miljoen dollar. Sy is die hoof aansoeker en haar drie kinders is ook gelys. Sy eis vir verlies van inkomste, emosionele […]
Taxi-fooie ondervanderd, word eers vandag bespreek
Die Namibiese ministerie van werke en vervoer het nie enige terugvoering aan die Namibiese Bus- en Taxi-vereniging gegee oor hul versoek van ‘n 15 persent verhoging in fooi nie. ‘n Vergadering in die verband vind vandag tussen die operateurs en die minister John Mutorwa plaas. Die skakelbeampte van die vervoerministerie, Julius Ngweda, het ‘n beroep […]
Groot stralers land op Hosea Kutako
Daar was groot verbasing toe ‘n Boeing 747 van Lufthansa, en kort daarna ‘n vlug van Swiss Air op Hosea Kutako gisteraand geland het. Die vlugte was op pad vanaf Johannesburg na Europa. Volgens owerhede sal die verskynsel tot 3 Mei duur as gevolg van die tekorte van A1 stralerbrandstof wat by OR Tambo Internasionale Lughawe voorkom. Die tekorte […]
Swart, vroulike ruimtevaarder maak geskiedenis
Die NASA-ruimtevaarder, Jessica Watkins, het geskiedenis gemaak as die eerste swart vrou wat aan boord van die Internasionale Ruimtestasie werk. Sy is ook die vyfde swart vrou wat ‘n ruimtereis onderneem. Die miljardêr Elon Musk se maatskappy, SpaceX, het gister nog vier ruimtevaarders, insluitend Watkins, die ruimte ingestuur. Die bemanning sal wetenskaplike eksperimente uitvoer en […]
Steenhuisen sê werk, skoon water, behuising is vryheid
Die DA-leier John Steenhuisen sê ware vryheid kom deur werk, skoon water, elektrisiteit, goeie paaie, stewige huise, goeie klinieke en goeie skole. Hy het gister sy party se Vryheidsdagboodskap in die Oos-Kaap gelewer. Steenhuisen sê die DA is daartoe verbind om armoede te beëindig, werksgeleenthede te skep en seker te maak staatsgeld word aan die […]