Geslagsgeweld word nie in SA aangespreek nie

Amnestie Internasionaal Suid-Afrika sê die regering neem blykbaar nie die tweede pandemie van geslagsgeweld en moorde op vroue ernstig op nie, al het hy hom verbind om te help om die plaag te beveg. Verlede jaar tussen Oktober en Desember is 14 188 gevalle van seksuele oortredings aangemeld. Die organisasie se woordvoerder, Shenilla Mohamed, sê vroue en meisies in die land is steeds nie bevry van die kettings van geslagsgeweld en moord nie: