Taxi-fooie ondervanderd, word eers vandag bespreek

Die Namibiese ministerie van werke en vervoer het nie enige terugvoering aan die Namibiese Bus- en Taxi-vereniging gegee oor hul versoek van ‘n 15 persent verhoging in fooi nie. ‘n Vergadering in die verband vind vandag tussen die operateurs en die minister John Mutorwa plaas. Die skakelbeampte van die vervoerministerie, Julius Ngweda, het ‘n beroep op die publiek gedoen om openbare vervoerders wat ‘n verhoogde fooi vra, by die polisie te rapporteer, want geen verhoging is nog goedgekeur nie.