Osona Village verwerp ook nuwe tariewe

Plaaslike media berig dat huiseienaars by Osona Village net buite Okahandja het die nuwe, verhoogde tariewe en erfbelasting wat in die dorp ingestel is, verwerp. Inwoners van die dorp het ook reeds verskeie vergaderings aangevra. Tariewe het skerp gestyg, en op Osona, sal eienaars wat tans ‘n heffing van net meer as 770 dollar maandeliks betaal, voortaan net minder as 2 200 dollar moet betaal. Die dorpsraad het waardasies op eiendomme gedoen maar die rol is nog nie voltooi nie. Intussen het hy sy tariewe opgestoot.