Swart, vroulike ruimtevaarder maak geskiedenis

Die NASA-ruimtevaarder, Jessica Watkins, het geskiedenis gemaak as die eerste swart vrou wat aan boord van die Internasionale Ruimtestasie werk. Sy is ook die vyfde swart vrou wat ‘n ruimtereis onderneem. Die miljardêr Elon Musk se maatskappy, SpaceX, het gister nog vier ruimtevaarders, insluitend Watkins, die ruimte ingestuur. Die bemanning sal wetenskaplike eksperimente uitvoer en onderhoudswerk aan die ruimtestasie doen. Watkins sê dis baie spesiaal vir haar: