Groot stralers land op Hosea Kutako

Daar was groot verbasing toe ‘n Boeing 747 van Lufthansa, en kort daarna ‘n vlug van Swiss Air op Hosea Kutako gisteraand geland het. Die vlugte was op pad vanaf Johannesburg na Europa. Volgens owerhede sal die verskynsel tot 3 Mei duur as gevolg van die tekorte van A1 stralerbrandstof wat by OR Tambo Internasionale Lughawe voorkom. Die tekorte is as gevolg van die skade aan die Durbanse hawe na die onlangse oorstromings in KwaZulu-Natal. Vroeër moes verskeie rederye plaaslike vlugte in die buurland opskort of uitstel as gevolg van die tekorte.