Rooies word aangekla vir ontsnapping

Oudlanddros Walter ‘Rooies’ Mostert word aangekla vir sy ontsnapping en sal op 30 Mei vanjaar in die verband voor landdros Ivan Gawanab in Windhoek voorkom. Mostert het op 6 November verlede jaarvanaf die Auas Hills-hospitaal, waar hy behandeling ontvang het terwyl hy verhoorafwagtend was, ontsnap. Hy is weer op 24 Maart vanjaar in hegtenis geneem by Noordoewer. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy moes vlug omdat daar ‘n poging op sy lewe was.