Viool kan amper N$170m op veiling behaal

‘n Viool wat byna 300-jaar oud is en as die Leonardo da Vinci van viole beskryf word, word volgende maand in Frankryk opgeveil. Die Italiaanse luitmaker, Giuseppe Guarneri, het dit in 1736 gemaak en dis tans in besit van die meester, Regis Pasquier. Hy het dit 20-jaar gelede aangeskaf en sedertdien op spoggeleenthede by Carnegie Hall in New York en die Opera Garnier in Parys daarop gespeel. Die Aguttes-afslaer skat die viool kan tot 169 miljoen Namibiese dollar op die veiling behaal.