Ondonga koning hou vanaand sy ohungi

Die koning van die Ondonga, Fillemon Shuumbwa Nangolo, wat ‘n hofliksheidsbesoek aan President Hage Geingob by Staatshuis gebring het, hou vanaand sy “ohungi”. Ohungi is die Oshiwambo-term vir ‘n sosiale aand. Belangstellendes kan vanaand vanaf ses-uur by die Hilton Hotel skouers met die Ondonga-koning gaan skuur. Albert Bamm, ‘n lid van die koninklike familie sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is ‘n geleentheid wat nie misgeloop moet word nie.