
Ondersoek gelas na Walus in gevangenis gesteek is - November 30, 2022
Suid-Afrika se Korrektiewe Diens het ‘n ondersoek van stapel gestuur na Chris Hani se moordenaar Janusz Waluś by die Kgosi Mampuru Korrektiewe Fasiliteit in Tshwane met ‘n mes gesteek is, kort voor sy vrylating môre op parool wat Suid-Afrikaners verdeel het. Die Departement van Korrektiewe Dienste sê hy is na bewering deur ‘n ander gevangene […]
Sokkergees vat Joe Biden vas na VSA-oorwinning - November 30, 2022
President Joe Biden was in Bay City in Michigan besig om te praat oor die deelstaat se ekonomie toe die nuus dat die Amerikaanse sokkerspan Iran 1-0 geklop het in die Wêreldbeker en dus, deur is na die uitklopfase, gebreek het. Daar was in daardie wedstryd meer as net sokker op die spel wanneer die […]
Vervoerministers van Namibië en Botswana vergader in hoofstad - November 29, 2022
Die Namibiese minister van werke en vervoer John Mutorwa sal môreoggend met sy eweknie van Botswana, Thulagano Segokgo, in Windhoek vergader. Volgens ‘n mediaverklaring van die Namibiese vervoerministerie, sal die onderwerp van bespreking die Trans-Kalahari-spoorwegkorridor-ontwikkeling wees met die gesamentlike ministeriële komitee van die twee buurlande wat sal vergader.
Nampol-hoof: Aanhoudingselle moet weekliks deursoek word - November 29, 2022
Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo sê voortdurende gesamentlike operasies moet in streke uitgevoer word om onder meer veediefstal, diefstal van motorvoertuie en dwelmhandel hok te slaan. Hy sê hierdie operasies moet egter goed gekoördineer word om die potensiële bedreigings in hierdie verband te verminder. Om sekuriteits-meganismes in plek te stel om die smokkel van […]
Ramaphosa sê groenwaterstof het beleggingspotensiaal - November 29, 2022
President Cyril Ramaphosa sê groenwaterstof is ʼn nuwe wêreld en het baie potensiaal in Suid-Afrika se beleggingstrategie. Hy was die openingspreker by die spesiale weergawe van die Groenwaterstof-beraad op die Simposium oor Volhoubare Infrastruktuurontwikkeling in Kaapstad. Volgens Ramaphosa sal Suid-Afrika beleggings van 1,4 duisend miljard Suid-Afrikaanse rand benodig om te verseker Billike Energie-oordrag word teen […]
R1,8 miljard gekonfiskeer in Covid-korrupsiesake - November 29, 2022
Die Batebeslagleggingseenheid het tot dusver beslag gelê op bates ter waarde van 1,8 miljard Suid-Afrikaanse rand in Covid-maatskaplike verligtingstoelaag-korrupsiesake. Die nasionale hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, het gepraat oor Prioriteitsmisdaad-ondersoeke en sê verskeie ondernemings het die geld geëis, maar nie hulle werknemers betaal nie. Die verligtingstoelaag was veronderstel om werknemers se verlore inkomste te […]
Janusz Walus in tronk aangeval - November 29, 2022
Die departement van korrektiewe dienste in die buurland het bevestig dat die moordenaar van Chris Hani wat binnekort op parool vrygelaat moet word, Janusz Wallus, met ‘n voorwerp gesteek is. Daar word beweer dat Walus deur ‘n ander gevangene van dieselfde wooneenheid met ‘n voorwerp gesteek is. Walus is stabiel en ontvang die nodige mediese […]
NamRA-kommissaris is in New York - November 29, 2022
Sam Shivute, die kommissaris van die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, is in New York, Amerika, vir die Dialoog van die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram oor belasting- en volhoubare ontwikkelingsdoelwitte. Omdat NamRA nuut is, is Shivute deur die program genooi om die Namibiese storie te deel. Die dialoog is om ontwikkelende lande te ondersteun om plaaslike hulpbron-mobilisering […]
Valkehoof sê daar is 68 Phala Phala-verklarings - November 29, 2022
Die nasionale hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, sê die eenheid ondersoek 68 verklarings wat na die Phala Phala-plaassage van getuies bekom is. Dit het betrekking op buitelandse valuta wat in 2020 op President Cyril Ramaphosa se plaas in Limpopo gesteel is. Lebeya het in Pretoria die media toegespreek. Hy sê die ondersoek sal beskerm […]
Miljoene gebruikers se WhatsApp-data gesteel - November 29, 2022
WhatsApp-rekords van miljoene mense in 84 lande is in die gedrang nadat inligting gesteel is en nou te koop is. TechRadar berig volgens ‘n bekende gemeenskapsforum vir kuberkrakers is die data van byna 500 miljoen mense só in die hande gekry. Verskeie bronne het die waarskynlikheid van data-diefstal bevestig en beweer ‘n bygewerkte databasis van […]