NamRA waarsku oor epos-slenter

Die Namibiese Inkomste-agentskap NamRA sê daar is ‘n epos-slenter wat die ronde doen waar belastingbetalers ‘n epos van ‘support by namra punt org punt na’ ontvang, wat die belastingbetaler vra om ‘n belasting aanslag te aanvaar. Indien die persoon dit wel doen en voltooi, sal NamRA ‘n terugbetaling van 50 000 dollar in belasting aan die persoon uitbetaal. Volgens NamRA se woordvoerder, Tonateni Shidhudhu, moet persone nie op die epos reageer nie en die agentskap in kennis stel. Die agentskap het geen so program nie. Daar was die afgelope tyd weer ‘n toename in slenters, ook op sosiale media, en met selfoon-betaaldienste by kommersiële banke.