Atletiek: Alle oë op Gaborone vandag

Daar is groot afwagting vandag vir Namibië se vertoning in Gaborone, Botswana, vir die Internasionale Byeenkoms wat by die Gaborone-stadion gehou word. Om tien voor drie neem Christine Mboma en Beatrice Masilingi aan die 100-meter deel, en hulle hardloop weer om 20-voor-vier in die 200-meter. Ernst Narib, ons eie 200-meter kampioen, hardloop dié wedloop om vyf-voor vier. David Dam pak die 800-meter aan om kwart-oor vier met Innocentia Haingura wat 20-voor-vier in die 400-meter deelneem. Die 400-meter aflos vir vroue is om kwart-oor-vyf, terwyl die mans half-ses dié wedloop aandurf. Hou Kosmos 94.1 se sosiale media platforms dop vir al die uitslae.