Pentagon-woordvoerder amper in trane oor Russiese ‘taktiek’

Rusland het sy aanvalle in die suidooste van die Oekraïne verskerp en daar word steeds groot klem gelê op wat die Weste beskryf as oorlogsmisdade en algehele wreedheid van die Russiese magte. Intussen het Rusland gesê dat ‘n humanitêre korridor vandag in werking gestel sal word om die burgerlikes by die Azovstal-staalwerke te ontruim. Volgens berigte is hul voorheen ook ‘n geleentheid gegun om te ontruim, maar net na Rusland. Die woordvoerder van die Pentagon, John Kirby, het vroeër in die verband ‘n perskonferensie gehou en het groot reaksie uitgelok toe hy uiters ontsteld geraak het oor die situasie in die Oekraïne.