Kliniek by Marienfluss in Kunene-streek geopen

Die Namibiese gesondheidsministerie het vandag ‘n gesondheidskliniek en akkommodasiegeriewe vir gesondheidspersoneel by Marienfluss, in die Otjinungua-nedersetting in die Kunene-streek ingewy. Die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula sê 32 verpleërs gaan binnekort in die Kunene-streek ontplooi word by afgeleë gesondheidsgeriewe op Otjiu, Onjuva, Etanga, Otjinunga en ander. Shangula gesels met Kosmos 94.1 Nuus.