Covid begin toeneem in SA

Daar is kommer oor die stand van sake van Covid in Suid-Afrika. Die positiewe koers het tot 22,5-persent opgeskiet. ‘n Koers van 5 persent is die ideaal. Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in die buurland het Vrydag 4 954 nuwe gevalle bekend gemaak. Meer as die helfte van dié gevalle is in Gauteng aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap. Hospitaalopnames het met 121 toegeneem. Die gesondheidsdepartement het vyf sterftes aangemeld. Plaaslik is 113 gevalle uit 1 463 toetse aangemeld, ‘n positiewe koers van 7,7 persent met die meerderheid in Windhoek. Daar was 28 leerders van verskeie skole in die groep.