Bulle wen, Haaie en Stormers vandag

Die Bulle het in Pretoria hul staal gewys in die tweede helfte van hul bonuspunt-wedstryd teen die Glasgow Warriors. Die oorwinning van 29-17 bring die Bulle ‘n stap nader aan ‘n plek in die uitspeelwedstryde in die Verenigde Rugbykampioenskap. Die Leeus speel vandag in Johannesburg teen die Italiaanse span Benetton, die Haaie in Durban teen Connacht, en die Stormers in Kaapstad teen Leinster.