Baba-storting kom weer voor, minister sê dis groot uitdaging

‘n Baba-fetus is vanoggend in ‘n rivierbedding in Abraham Mashegostraat in die hoofstad gevind. Die polisie kon nie bevestig of die fetus ‘n seun of dogter is nie en daar is tans geen verdagtes nie. Baba-storting kom redelik gereeld in die land voor. Die adjunk gesondheidsminsiter dr. Ester Muinjangue het ‘n beroep op swanger vroue […]

Read More

Paralimpiese Winterspele: Hoë temperature skep probleme

Die Beijing Paralimpiese Winterspele se organiseerders sê stygende temperature het onverwagse uitdagings vir atlete veroorsaak. Volgens berigte het die risiko dat kunsmatige sneeu kan smelt, veroorsaak dat die Alpynse ski-items wat vir gister by die Yanqing Nasionale Alpynse Ski-sentrum beplan is, ‘n dag vroeër moes plaasvind. Organiseerders sê die warm weer het dit ook vir […]

Read More

Patel dank res van loteryraadslede af

Die Suid-Afrikaanse minister van handel, Ebrahim Patel, sê die Nasionale Loterykommissie het nie behoorlike administrasie en goeie bestuur verseker nie, veral nie wat betref die proaktiewe befondsing van begunstigde organisasies nie. Hy sê hy het prokureurs opdrag gegee om die res van die kommissie se raadslede af te dank. Die huidige raad het slegs drie lede oor […]

Read More

Olifante: Niks is in die geheim gedoen nie

Die Namibiese omgewingsministerie is tans besig met ‘n perskonferensie by sy hoofkwartiere in die hoofstad om, soos hy dit stel, “enige misverstand in verband met die opveil, verkoop en uitvoer van Namibiese olifante op te klaar. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Theofilus Nghitila sê die ministerie het Cites maatreëls nagekom en die proses openhartig […]

Read More

Tropiese storm Gombe sal nie binnelands beweeg nie

Die tropiese storm Gombe het reeds oor die noorde van Madagaskar beweeg en is op pad na die Mosambiek-kanaal. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê Gombe sal oor die kanaal weer versterk as gevolg van die warm see-oppervlaktemperature gekombineer met vog. Teen Vrydag sal Gombe tropiese sikloonintensiteit bereik wanneer dit na verwagting ‘n kort rukkie oor die […]

Read More

Russiese skielstilstand bied veilige pad vir burgers

Sowat 5 000 mense is uit die noordoostelike Oekraïnse stad Sumy ontruim tydens die eerste suksesvolle massa-ontruiming. Moskou het vir vandag nog ‘n humanitêre skietstilstand aangekondig sodat burgerlikes uit Kiëf, Chernihiv, Sumy, Kharkiv en Mariupol kan vlug. Ongeveer 1 000 motors kon die gebied verlaat in die rigting van die stad Poltava. Volgens die Verenigde […]

Read More

Strauss sê die Bulls is gereed vir Saterdag teen Munster

Die Bulls sê hulle is gereed vir ‘n titaniese stryd teen Munster. Die span draf Saterdagmiddag net na vier-uur teen Munster uit op Loftus Versveld. Willem Strauss, president van die Bulle sê Morne Steyn is, onder andere, terug…

Read More

Vervalle insfrastruktuur kelder landbou-groei

AgriSA sê die jongste BBP toon die buurland se landbousektor se enorme bydrae tot die land se ekonomie, asook sy potensiaal om selfs groter geleenthede vir werkskepping te bied. In die vierde kwartaal verlede jaar was landbou die ekonomiese sektor wat die beste presteer het. AgriSA se woordvoerder, Kulani Siweya, sê egter die sektor se […]

Read More

DBV in SA wen stryd teen verskeping van vee

Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings in Suid-Afrika sê hulle vier die oorwinning in die stryd teen die vervoer en uitvoer van lewende skape per skip. Die raad het vroeër die uitvoermaatskappy Al Mawashi in die hof die stryd aangesê. ‘n Woordvoerder, Keshvi Nair, sê die maatskappy het bekend gemaak hulle het nog nie sodanige besprekings […]

Read More

!Gawaxab en Geingob gesels

Die goewerneur van die Bank van Namibië Johannes !Gawaxab en President Hage Geingob hou op die oomblik samesprekings. Volgens Kazembire Zemburuka, die bank se direkteur van kommunikasie, is besoeke van die aard standaard prosedure. President Hage Geingob lewer ook volgende week sy staatsrede en !Gawaxab sal volgens Zemburuka, die stand van sake in die ekonomie […]

Read More