Mans se gedenkdiens vind Donderdag plaas

Die gedenkdiens vir wyle Gerhard Mans sal Donderdagmiddag om drie-uur by die Eros-gemeente van die NG Kerk plaasvind en lede van die publiek is welkom. Mans is op 4 Mei oorlede na ‘n tragiese fietsryongeluk op die A1-roete net buite die hoofstad. Ds. Ernst Coetzee van Fresh Namibia, ‘n Godsdienstige uitreikgroep, sal die diens lei.