Onwettige sandmyne floreer op Rundu

Sandmyn-aktiwiteite op Rundu wek kommer. Die bedryf het die afgelope tyd die nuus gehaal met die omgewingsministerie wat ingetree het by talle onwettige sandmyne regoor die land. Op Rundu, sê die dorpsraad die kwessie is glad nie onder beheer nie en as gevolg van uiters beperkte ekonomiese geleenthede, sal die probleem voortduur. Volgens die dorpsraad se hoof uitvoerende beampte Olavi Nathanael word die probleem verder vererger omdat werklose vroue nou stalletjies opgestel het waar die sand onwettig ontgin word en kos daar verkoop.