Etzebeth sê SA moet by Sesnasies aansluit

Die Springbokslot, Eben Etzebeth, sê hy sal daarvan hou as Suid-Afrika by die Sesnasies aansluit en ook elke jaar teen Nieu-Seeland en Australië speel. Die Bokke en All Blacks het in 1996 laas in ‘n reeks van drie toetse teen mekaar uitgedraf. Volgens berigte kan die Springbokke moontlik ná 2025 by die Sesnasiesreeks aansluit. Etzebeth stel voor hulle speel in Junie ‘n volle reeks teen Nieu-Seeland, speel dan in die Sesnasies en sluit die jaar af met ‘n toernooi in Australië of Argentinië.