AU het kommer oor voedselonsekerheid

Die Vredes- en Sekerheidsraad van die Afrika-unie het kommer uitgespreek oor die toename in voedselonsekerheid in Afrika. Volgens die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie is daar meer as 280 miljoen mense op die vasteland wat nie voedselsekerheid het nie. Die raad sê konflikte in dele van Afrika raak ‘n belangrike oorsaak van hongersnood op die vasteland. Die lidstate van die Afrika-unie het in 2014 ingestem om 10 persent van hulle begroting aan landbouproduksie af te staan om hongersnood en armoede uit te roei. Daar is egter nie aan die teiken voldoen nie.