Kabinet moet Zam-Nam ooreekoms goedkeur

Die Namibiese ministerie van myne en energie het meer inligting verskaf oor voorstelle deur Zambië om ‘n olie en gas pyplyn vanaf Walvisbaai na Lusaka te bou. Volgens wat berig word, was Zambië se energieminister Peter Kapala reg om ‘n memorandum van verstandhouding met sy Namibiese eweknie Tom Alweendo te onderteken, maar kabinet moet eers die ooreenkoms goedkeur… Andreas Simon, woordvoerder van die ministerie van myne en energie verduidelik.