Sprinkane nog nie onder beheer nie – minister

Sprinkane in Namibië is nog nie onder beheer nie. Volgens die landbouminister, Calle Schlettwein, werk sy ministerie nou saam met die boere in die Suide om die plaag onder beheer te kry. Hy sê die koue sal wel die plae se beweging beperk maar, dan moet dit daar, waar hulle tot ruste kom, aangespreek word.