SA-egpaar eers vanoggend, veilig, gevind

Dit was toe nie die Suid-Afrikaanse egpaar wat gister deur owerhede gevind is nie. Die egpaar se satellietfoon het per abuis noodseine uitgestuur in plaas van boodskappe wat sê hulle is veilig by die volgende punt. Die Namibian Marshal Rangers het ‘n span ontplooi wat die egpaar veilig vanoggend om vier-uur in hulle tent gevind het. Sean Naude van die groep het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.