Klimaat: 50/50 kans dat temperatuur sal styg

Navorsers by die Verenigde Koninkryk se weerkantoor sê daar is nou ‘n 50/50 kans dat die gemiddelde wêreldtemperatuur oor die volgende vyf jaar meer as 1,5 grade Celsius gaan styg. Temperature sal tussen vanjaar en 2026 tussen 1,1 en 1,7 persent warmer wees as voor die nywerheidsera. Die Arktiese streek sal na verwagting meer as die res van die wêreld deur aardverwarming geraak word. Die studie se hoofnavorser, Leon Hermanson, sê die basiese verandering is koolstofdioksied-vlakke in die atmosfeer wat geleidelik toeneem.