Numsa geen stakingskennis by ArcelorMittal

Die metaalwerkersvakbond in Suid-Afrika, Numsa, het die bestuur van ArcelorMittal South Africa in kennis gestel dat hulle gaan staak nadat loononderhandelings ‘n dooiepunt bereik het. Werkers eis onder andere ‘n salarisverhoging van 10 persent, ‘n behuisingstoelaag en dat die werkgewer 80 persent van hulle mediese fonds betaal. Die maatskappy se finale aanbod is vyf-persent. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die staking begin môre by drie hoofaanlegte van ArcelorMittal in Vanderbijlpark, Pretoria en Newcastle in KwaZulu-Natal: